|
NUUTSTE “BOTTELS WYN” OP NUWE WYN SE RAKKE!
TOERUSTINGSMATERIAAL
Al die gepubliseerde materiaal van dr Christo Nel wat hieronder genoem word, is beskikbaar by Christo self. Jy kan dit by die volgende adresse of kontaknommers bestel:
Dr Christo Nel
Posadres: Posbus 3114, Somerset-Wes 7129
Tel: 021 851 0003
Sel: 082 7702397
E-pos: nchristo@lantic.net
Hier volg ʼn lys van al die gepubliseerde materiaal van Christo Nel, plus die pryse daarvan.
1. ‘n Alles-in-een-toerustingspakket in Afrikaans
Uiteindelik het Christo nog een van sy drome verwesenlik!
Naamlik om ʼn ALLES-IN-EEN-TOERUSTINGSPAKKET vir individue en groepe te skep wat God se mense beter kan toerus vir bediening daar waar die Here hulle ʼn verhoog gegee het.
Behalwe dat jy hierdie pakket kan gebruik om jouself beter toe te rus, het jy ook nou ʼn stuk gereedskap om te gebruik om ander gelowiges rondom jou in ʼn Bybelstudie-groep of sel/huis-groep te begelei.
In sy eie bediening gebruik Christo hierdie selfde materiaal baie effektief sedert 1993 om Afrikaanssprekende mense te dissipel. Daarmee neem hy hulle terug na die Bybelse fondasie wat die vroeg-Christelike gemeentes gebruik het om mense na Jesus te lei, en dan hierdie nuwe volgelinge van Jesus te leer om Sy stem te leer ken en om met vrymoedigheid mekaar en ander met die gawes van die Gees te bedien.
Alles wat jy nodig het, is in hier in hierdie Alles-in-een-Potpouri-toerustingspakket uit die Nuwe Wyn-kelder:
Die boek, WAARHEEN MET DIE NUWE WYN, wat die Bybelse fondasie lê vir volgeling van Jesus-wees soos die vroeg-Christelike gemeente in die Nuwe Testament dit gedoen het
Die DVD-toerustingskursus van 8 sessies, JESUS DIE DOPER MET DIE GEES, wat jou leer hoe werk die gawes van die Gees en jou leer om God se Gees te vertrou om deur jou ander daarmee te bedien
Die DVD-toerustingskursus met 9 sessies, HOE HOOR EK GOD SE STEM, wat jou leer om Jesus se stem elke dag in jou lewe te onderskei van die ander stemme wat jy hoor. Sodat jy ook kan hoor wanneer Hy jou wil gebruik om ander te bedien met die gawes van die Gees.
Die boek, DIE STORIE AGTER DIE STORIE, wat ʼn gids is wat jou begelei om in 175 dae dwarsdeur die Nuwe Testament te lees terwyl jy die geheim van die vroeg-Christelike gemeentes te ontdek wat die merkwaardige groei daar in die begin meegebring het.
Asook 4 Handleidings om albei die boeke plus die 2 DVD-kursusse in groepe te kan gebruik.
Laat toe dat God se Gees jou as volgeling van Jesus in bediening lansee soos wat die vroeg-Christelike gemeentes dit destyds gedoen het. En word in die proses toegerus om ook ander so te dissipel.
Leer om die kernevangelie oor Jesus Christus in jou eie woorde, met getuienis uit jou eie lewe, aan ander in jou eie woorde, op jou eie manier, oor te vertel.
Sodat God se Gees ʼn Bybelse sondebesef in hulle kan bewerk, hulle tot bekering kan kom en kan kies om Jesus Christus as Verlosser en Here gelowig te volg vir die res van hulle lewe.
Leer om hulle te doop met water soos die Bybel ons leer.
Leer om Jesus as die Doper met die Gees te vertrou om jou en ander te doop met Sy Gees en Sy gawes.
Leer om ander te bedien met die gawes van die Gees, soos die Gees dit wil, en leer om ander te leer hoe om dit te doen.
Leer om Jesus se stem in jou eie lewe te onderskei tussen al die ander stemme, en leer dit ook aan ander.
Laat God se Gees toe om hierdie Alles-in-een-toerustingspakket in jou lewe te gebruik, en gebruik dit ook later as die gereedskap om ander op dieselfde manier te dissipel.
SPESIALE PRYS VIR DIE ALLES-IN-EEN-toerustingspakket: R600.00 (posgeld uitgesluit).
2. Handleiding vir al Christo se boeke en DVD-toerustingskursusse om in groepe te gebruik
Hier is ‘n aantal handleidings wat Christo geskryf het wat jy gratis kan aflaai om jou te help in jou bediening en lewe as volgeling van Jesus.
3. MY NUUTSTE BOEK HET PAS VERSKYN!
DIE STORIE AGTER DIE STORIE
Dr Christo Nel van NUWE WYN-faam, se nuutste boek, DIE STORIE AGTER DIE STORIE, het pas verskyn.
Die boek is by hom beskikbaar en sal ook binnekort ten minste by Kalahari.net op die internet beskikbaar wees.
DIE STORIE AGTER DIE STORIE is ʼn Bybelse dagboek waarin Christo vir 175 dae saam met jou dwarsdeur die hele Nuwe Testament met al sy boeke van die een boek na die ander stap soos wat hulle histories verskyn het.
Christo skryf:
Ek het myself al baie keer afgevra oor wat die “geheim” was van die vroeg-Christelike gemeentes wat gemaak het dat hulle binne 300 jaar die hele Romeinse Ryk met al sy dorpe, stede en plattelandse dele so effektief kon deursuur en bedien?
Om die geheim van die groei in die vroeg-Christelike gemeentes te verstaan moet ons die storie agter die Storie van Handelinge en die ander Nuwe Testamentiese briewe ontdek om werklik by ʼn antwoord op die vraag uit te kom.
Ek skryf doelbewus hierdie “Storie” van die Bybelse verhaal met ʼn hoofletter omdat dit nie ʼn gewone storie dié is nie. Dit is immers die Gees-geïnspireerde verhaal, en daarom Woord van die lewende God aan Sy mense, wat ek hier waag om oor te vertel in my eie woorde.
In my bediening oor die internet aan sowat 4000 Afrikaanssprekendes wêreldwyd het ek oor ʼn tydperk van meer as 3 jaar probeer om hierdie verhaal aan die hand van die boek Handelinge se gebeure en die res van die boeke van die Nuwe Testament te vertel.
Die boeke van die Nuwe Testament is natuurlik nie oorspronklik in dieselfde volgorde geskryf as wat ons dit in die Nuwe Testament het nie. Daarom probeer ek deurgaans deur die verhaal aan elke Nuwe Testamentiese brief of evangelie indringend aandag gee soos wat elkeen gedurende die historiese verloop van die verhaal oorspronklik geskryf is.
DIE STORIE AGTER DIE STORIE vertel ek vir jou oor 175 dae soos wat ons tree vir tree hierdie gebeure en storie na-stap.
Geniet dit saam met my. Drink saam met my slukkie vir slukkie van die “nuwe wyn” wat God se Gees hiermee aan ons elkeen wil bedien.
Die prys van die boek: R150.00 (Posgeld ekstra)
Bestellings kan direk by my geplaas word. Epos my of bel my.

Vir die afgelope 32 jaar is ek, Christo, en my vrou, Hetta, al besig om Jesus se Ekklesia voltyds toe te rus (Ef. 4:11-16).
Maar in 2004 het ons baie pertinent beleef dat Jesus Christus self aan ons die volgende opdrag gegee het, naamlik: Om beskikbaar te wees om apostolies-profeties tussen Sy mense in verskillende dorpe en stede rond te beweeg om Sy Ekklesia te bedien met die Woord wat Hy vir hulle sal gee.
Ek het die Here ook in daardie jaar gevra waarop ons moet konsentreer in ons bediening. Die antwoord was eenvoudig: Massamedia! Om via die massamedia, soos die internet, DVD’s en deur die geskrewe media - soos deur boeke, tydskrifte en koerante - toerustingsmateriaal vir die Liggaam in gebruikersvriendelike “pakkette” kreatief te vervaardig en vir die Liggaam beskikbaar te stel.
Daarom is dit vir my ‘n voorreg om die res van my toerustingsmateriaal as “nuwe wyn” aan jou bekend te stel.
MY ANDER BOEKE EN DVD-KURSUSSE
My ander boeke en DVD-reekse wat reeds gepubliseer is:
4. WAARHEEN MET DIE NUWE WYN
 |
Dwarsdeur die wêreld is die Heilige Gees besig om op ‘n nuwe wyse in en rondom die Liggaam van Christus te werk.hier tussen ons in Suid-Afrika beleef ons dit tans.Here is besig om deur Sy Gees “nuwe wyn” in mense se lewens te maak.wyn is bekende waarhede wat die Here vars aan ons bedien wat deur die jare in bepaalde teologiese tradisies verwaarloos of verdraai is. Die boek, WAARHEEN MET DIE NUWE WYN, wat in 2004 vir die tweede keer nuut gepubliseer is, is bedoel om ‘n bydrae te maak as deel van die gesprek rondom die Bybel wat tans onder veral Afrikaanssprekende gelowiges aan die gang is oor wat Christen-wees en kerk-van-Christus-wees beteken. Na 14 jaar se bediening as predikant in die Nederduitse Gereformeerde Kerk in twee gemeentes, en 13 jaar se bediening in die breëre Liggaam van Jesus, bedien Christo Nel profeties Skrifwaarhede wat in sy eie lewe as Gereformeerde vars ingesny het.daag hy weer die Gereformeerde wêreld uit om terug te reformeer na wat die Skrif werklik sê.
Die soort vrae wat hy aan die orde stel is die volgende:
Wat sê die Bybel werklik oor die doop?
Wat sê die Bybel oor die Heilige Gees en Sy gawes, en waar pas dit in in ons bediening van mekaar en die gemeenskap om ons?
Is die salwing of doping met die Gees ‘n Bybelse waarheid?Is daar werklik ruimte vir die volle spektrum gawes van die Heilige Gees in die erediens en in die bediening van die gemeente?
Hoe lei ‘n mens gelowiges om werklik mekaar met vrymoedigheid te bedien met die volle spektrum Geestesgawes?
Is die sel-gemeentestruktuur nie ‘n meer effektiewe struktuur vir die bediening van gelowiges en die gemeenskap nie?
Hoe hoor ek die stem van die Here in my lewe?
Dit is ‘n sagteband-boek teen R 100.00 (plus posgeld ekstra)
ISBN – 1 874977 22 4
5. DIE DVD-KURSUS: ESUS, DIE DOPER MET DIE GEES
‘n DVD-kursus van 4 DVD’s met 8 sessies op. Die 4 DVD’s is netjies verpak in een DVD-kassie.
Hier het ons ’n 8 sessie-DVD-seminaar oor die Heilige Gees, Sy werk en Sy gawes deur Christo. In die taal en idioom van Afrikaanssprekende mense neem die oud-dominee uit die Ned Geref Kerk, Christo Nel (die skrywer van WAARHEEN MET DIE NUWE WYN), gelowiges na die sowat 319 verse in die Bybel waarin daar direk na die Heilige Gees verwys word. Elkeen van die 8 sessies is so ± 40 minute lank en ideaal om te gebruik in selbyeenkomste of bybelstudie-geleenthede.
Die inhoud van die verskillende sessies is soos volg:
Sessie 1 – ’n Bybelse ervaring van God se krag
Sessie 2 – Die Heilige Gees in die Ou Testament
Sessie 3 – Die profete profeteer oor ’n nuwe era
Sessie 4 – Die profesieë word waar
Sessie 5- Die Heilige Gees in die vroeg-Christelike gemeente
Sessie 6 – Die Heilige Gees wil elke gelowige “empower”
Sessie 7 – Die bediening met die volle spektrum gawes van die Gees
Sessie 8 – Die werk van die Gees van Christus in perspektief
Die DVD-kursus kos R 250.00 (plus posgeld ekstra)
ISBN – 978 062 026 368 7
6. DIE DVD-KURSUS: HOE HOOR EK DIE HERE SE STEM?
`n DVD-toerustingskursus van 3 DVD’s met 9 sessies op. Die 3 DVD’s is netjies verpak in een DVD-kassie.
Soveel gelowiges vra gedurig: Maar hoe hoor ek die Here se stem in my lewe? In hiedie DVD-toerustingskursus gebruik ek 9 sessies om verskillende fasette van die antwoord op hierdie vraag vir gelowiges te belig.
Die inhoud van die verskillende sessies is soos volg:
Sessie 1 – Dit is God se begeerte om met ons te praat (28:02 min)
Sessie 2 – My skape hoor my stem (20:34 min)
Sessie 3 – Ons moet leer om God se stem te hoor (31:16 min)
Sessie 4 – God praat deur die Bybel met ons – Hoe lees ons dit reg? (1) (24:41 min)
Sessie 5 – God praat deur die Bybel met ons – Hoe lees ons dit reg? (2) (42:24 min)
Sessie 6 – God praat soms direk met ons deur spontane gedagtes (21:51 min)
Sessie 7 – God praat deur die gawes met ons (22:16 min)
Sessie 8 – Raak stil in God se teenwoordigheid (29:58 min)
Sessie 9 – ‘n Doelbewuste inbeweeg in die Here se teenwoordigheid (29:32 min)
Die DVD-kursus kos R 200.00 (plus posgeld ekstra)
ISBN – 978 062 040 606 2
ANDER MATERIAAL WAT AS E-BOEKE OF AS ‘N WORD-DOKUMENT BY MY BESKIKBAAR IS:
9 TOT 5 – 40 Hoofstukke oor God se roeping aan elke gelowige in die markplein
AAN SY LIEFDE IS DAAR GEEN EINDE NIE – 11 Hoofstukke oor wat die Skrif leer oor God se liefde
CHRISTEN-WEES IN DIE PRAKTYK – 12 Hoofstukke oor hoe om God se Koninkryk bo alles in die praktyk te soek
DIE BYBEL EN GELD – 16 Hoofstukke oor wat die Bybel oor geld en verwante finansiële aangeleenthede vir ons sê
DIE ‘DA VINCI CODE” ONTBLOOT – 7 Hoofstukke oor wat ons as Christen se antwoorde op die vrae behoort te wees wat in hierdie boek en film gestel word
DIE VERBOND VAN GOD – 7 Hoofstukke oor God se verbond met Sy mense wat soos ‘n goue draad deur die Skrif loop. Maar die Skrif leer dit anders as wat in die meeste Gereformeerde Kerke geleer word.
FINANSIELE VRYHEID IN CHRISTUS – 10 hoofstukke Bybelse materiaal oor al die beginsels in die Skrif wat God se kinders finansieel vry kan maak.
GEBED IS SOVEEL MEER Ook in Engels beskikbaar as: PRAYER IS SO MUCH MORE. Hierdie 14 hoofstukke oor gebed kan jou hele lewe verander.
JY IS GOD SE BANKBESTUURDER – Dit is 12 hoofstukke oor wat God se hart rondom jou werk en jou hantering van geld is
MEER AS NET NOG GODSDIENS Ook in Engels: MORE THAN JUST ANOTHER RELIGION – 11 Hoofstukke wat Christene kan gebruik om oor die andersheid van die Christendom teenoor mense te getuig.
'N NUWE GESLAG BEDIENAARS – Hierin is 10 hoofstukke riglyne vir 10 selgroepe (oor dieselfde materiaal) oor Bybelse waardes en die bediening waarin God elke gelowige in die gemeente wil gebruik
MEER AS NET ‘N MENS – Hierdie 13 hoofstukke handel oor die Persoon van Jesus Christus wat die hele wêreld se aandag tans trek.
WAT OP DEES AARDE MAAK EK HIER? - 12 Hoofstukke oor die Christen se ontdekking dat die God wat hemel en aarde gemaak het, ‘n plan met sy of haar lewe het
NUWE WYNSAKKE – Die Here is dwarsoor die wêreld besig om in alle dele van die Liggaam van Jesus ons uit te daag om Hom te vertrou om ons te wys hoe lyk die “nuwe wynsakke” waarin Hy Sy kinders en die gemeenskap om ons effektief wil bedien. Hierdie materiaal is deel van my eie nadenke oor hoe so ‘n nuwe wynsak dan sal lyk en die implikasies daarvan vir die huidige kerkstrukture.
AAN DIE VOETE VAN JESUS – 9 Hoofstukke oor die lewe wat ons in Jesus Christus het, volgens die Johannes-evangelie.
MAAK MENSE MY DISSIPELS – Dit is die basiese lering aan nuwe bekeerlinge in ‘n dissipelprogram van 10 weke
HOOR JY DIE HERE SE STEM? - 9 Hoofstukke oor hoe leer ‘n Christen prakties om God se stem tussen al die ander stemme te onderskei
DIE HART VAN DIE EVANGELIE – 28 Hoofstukke oor die kern Evangelieboodskap
‘N NORMALE CHRISTELIKE GEBOORTE – Oor die nomale wyse hoe mense deel geword het van die vroeg-Christelike Nuwe Testamentiese gemeentes
DIT IS TYD OM TE VERANDER – 40 Hoofstukke oor die noodsaaklikheid om te verander in ‘n Christen se lewe. Een van my vriende sê altyd: God is so lief vir ons.... Maar Hy is te lief vir ons om ons te los soos ons is.
As jy belangstel in van hierdie materiaal, laat my weet per epos, dan skryf ek dit vir jou op ‘n CD.
Ek hou nie daarvan om geld te vra vir dit wat die Here my gegee het nie. Daarom kan jy maar net ‘n donasie as jy van hierdie e-boeke wil bestel, plus die posgeld betaal.
Dit is ’n geloofsbediening dié
Hierdie hele bediening is ‘n geloofsbediening. Wat doodgewoon beteken dat ek nêrens enige salaris verdien deur my bediening nie. Soos die Skrif se riglyn in die verband lui, bedien gelowiges ons finansieel met hulle tiendes en donasies soos die Here hulle lei.
As jy gelei voel om ons finansieel te bedien, kontak my via nchristo@lantic.net dan gee ek jou ons bankbesonderhede.
|