Dr Christo Nel
Posadres: Posbus 3114, Somerset-Wes 7129
Tel: 021 851 0003
Sel: 082 7702397
E-pos: nchristo@lantic.net
Die boek, WAARHEEN MET DIE NUWE WYN, wat die Bybelse fondasie lê vir volgeling van Jesus-wees soos die vroeg- Christelike gemeente in die Nuwe Testament dit gedoen het
Prys: R75.00 (plus posgeld ekstra)
Die boek, DIE STORIE AGTER DIE STORIE, wat ʼn gids is wat jou begelei om in 175 dae dwarsdeur die Nuwe Testament te lees terwyl jy die geheim van die vroeg-Christelike gemeentes te ontdek wat die merkwaardige groei daar in die begin meegebring het.
Die prys van die boek: R150.00 (Posgeld ekstra)
Nooit het ek gedink dat, na soveel jare, daar ’n dag sou kom wat ek sou beleef dat die Here my opdrag gee om feite wat my hele lewe ds verander het, letterlik “aan die Kerk se deur te gaan vaskap” soos ’n Martin Luther vanouds nie .
Gedurende die week wat ons die kruisiging en die opstanding van Jesus Christus in Maart 2013 herdenk het, moes ek ʼn opsomming van hierdie dokument gaan “vaskap aan die deur” van ELKE dominee, leraar en Professor in die Kerke uit die Reformasie hier ter lande, nl. die Nederduits-Gereformeerde Kerke, die Gereformeerde Kerke, die Hervormde Kerk in Afrika en die Evangelies-Gereformeerde Kerk, in Afrikaans.
Hierdie publikasie is die gepubliseerde weergawe van daardie dokument.
Prys: R45.00 (plus posgeld ekstra)
Hierdie boekie is deur Roelie Feenstra, ʼn gewone boer daar in die Kroonstad-distrik geskryf en ek het dit vir hom gehelp redigeer.
Dit handel spesifiek oor hierdie boer se worsteling rondom die doop van babas, soos hy dit leer ken het in die NG Kerk waarin hy vir jare belydende lidmaat was. Toe oortuig die Here hom van die doop van gelowiges en die boodskap van die Nuwe Verbond in die verband.
Daar is reeds meer as 30 000 van hierdie boekies versprei.
Die prys hiervan is R20.00 elk (posgeld ekstra)
ʼn DVD-toerustingskursus van 3 DVD’s met 9 sessies op. Die 3 DVD’s is netjies verpak in een DVD-kassie.
Soveel gelowiges vra gedurig: Maar hoe hoor ek die Here se stem in my lewe? In hierdie DVD-toerustingskursus gebruik ek 9 sessies om verskillende fasette van die antwoord op hierdie vraag vir gelowiges te belig.
Prys: R120.00 (plus posgeld ekstra)
6. DIE DVD-REEKS: JESUS, DIE DOPER MET DIE GEES
Hier het ons ’n 8 sessie-DVD-seminaar oor die Heilige Gees, Sy werk en Sy gawes deur Christo. In die taal en idioom van Afrikaanssprekende mense neem die oud-dominee uit die Ned Geref. Kerk, Christo Nel (die skrywer van WAARHEEN MET DIE NUWE WYN), gelowiges na die sowat 319 verse in die Bybel waarin daar direk na die Heilige Gees verwys word. Elkeen van die 8 sessies is so ± 40 minute lank en ideaal om te gebruik in selbyeenkomste of bybelstudie-geleenthede.
Prys: R150.00 (plus posgeld ekstra)
ANDER TOERUSTINGSMATERIAAL WAT BESKIKBAAR IS AS E-BOEKE
Dr Christo Nel het nog geweldig baie ander toerustingsmateriaal vir gelowiges gepubliseer.
As jy belangstel in ‘n lys van hierdie materiaal wat beskikbaar is as E-boeke, kliek gerus op die volgende skakel: