Nuwewyn banier - nie gesny nie

TOERUSTINGSMATERIAAL

 Ef. 4:11-16

En dt is die "gawes" wat Hy "gegee het": apostels, profete, evangeliste, en herders en leraars. Sy doel daarmee was om die gelowiges toe te rus vir hulle diens en vir die opbou van die liggaam van Christus. So sal ons uiteindelik almal kom tot die werklike eenheid in ons geloof en in ons kennis van die Seun van God. Dan sal ons, sy kerk, soos ‘n volgroeide mens wees, so volmaak en volwasse soos Christus. Dan sal ons nie meer kinders wees nie; ons sal nie meer soos golwe op en af en heen en weer geslinger word deur elke wind van dwaalleer as vals leraars ons met hulle slinksheid en listigheid op dwaalwe wil wegvoer nie. Nee, ons sal in liefde by die waarheid bly en so in alle opsigte groei na Christus toe. Hy is immers die hoof, en uit Hom groei die hele liggaam. Die verskillende liggaamsdele pas by mekaar en vorm saam ‘n eenheid. Elkeen van hulle vervul sy funksie, en so bou die liggaam homself op in liefde.

Deel van my opdrag is om toerustingsmateriaal vir God se mense beskikbaar te stel wat hulle meer effektief in diens van Jesus Christus kan maak.

Daarom gaan jy op hierdie bladsy toegang kry tot baie van die toerustingsmateriaal wat ek reeds gereed gemaak het vir God se kinders, asook skakels vind na materiaal wat ander voor berei het.

Om die betrokke materiaal af te laai, kliek net op die skakel links hieronder terwyl jy op die internet is, en dan sal dit jou geleentheid gee om dit rens op jou rekenaar af te laai. Onthou dit neem so ‘n tydjie, afhangende van die spoed van jou internetverbinding.

MY AFRIKAANSE TOERUSTINGSMATERIAAL

1. Lukas 10 - Beleef Praktiese Bybelse Ekklesia - Here, verander ons prentjie en belewenis van gemeente-wees

Hierdie materiaal is die volledige 10-weke program van Leer-deur-ervaring wat ek gebruik het om twee groepe gelowiges gereed te maak om arbeiders vir die komende oes te wees, maar ook om gereed te wees vir enige program van vervolging wat sou kom.

2. Handleiding vir Alles-in-Een-Pakket

Dit is die materiaal wat ek beskikbaar stel vir leiers van groepe van enige grootte waarmee hulle al my gepubliseerde boeke en 2 DVD-toerustingsmateriaal vir enige groep effektief kan aanbied.

 

Hier is van my Afrikaanse toerustingsmateriaal om af te laai:

LUKAS 10 - Program - Beleef Bybelse Ekklesia

In hierdie PDF-ler vind jy die toerustingsmateriaal wat ek gebruik het om vir 10 weke God se mense te begelei in ‘n nuwe ervaring van Bybelse Ekklesia/kerk-wees. Ek is oortuig dat dit ten minste ‘n model kan wees vir Christengelowiges wat op ‘n ander, nuwe wyse “kerk” wil wees sonder om weer te verval in die ou patroon van ‘n “nuwe kerk te begin” nie. In hierdie model word die eenheid van die Liggaam van Jesus geer.

Al die toerustingsmateriaal vir die 10 weke is ook as Powerpoint-aanbiedings beskikbaar. Leiers kan my gerus kontak en dan kan ons rel dat hulle ook daarvan ‘n kopie kry sonder dat hulle nodig het om alles self weer te ontwerp.

Handleiding vir ALLES-IN-EEN-PAKKET

In hierdie PDF-ler het ek vir leiers van groepe wat graag al my gepubliseerde boeke en DVD-reekse wil gebruik om God se mense mee toe te rus, al die materiaal beskikbaar gestel wat ek dink hulle nodig mag h om dit prakties en effektief te doen.

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

Hier is van my Engelse toerustingsmateriaal:

Book - DISCIPLING PEOPLE-PROGRAM

In this PDF-file you will find training material to equip new believers

Book - More than just another religion

In this PDF-file you will find material to equip believers to be able to tell others what distinguish following Christ from just being another religion.

 

 

 

 

 

 

 

 

 

Hier is van my toerustingsmateriaal waarmee ek Nuwe Wyn-waarhede aan kinders bedien:

NUWE WYN-NEW WINE VIR KINDERS-FOR KIDS

Ek het van die basiese Bybelse nuwe wyn-waarhede geneem en vir kinders van 4 tot 14 jaar gereed gemaak. Die materiaal is in Afrikaans en Engels.

Stiltetyd

Hier is toerustingsmateriaal wat ek voorberei het om kinders die dissipline aan te leer van stil-word daagliks as volgelinge van Jesus