1. ’N DUIDELIKE BELOFTE AS OPLOSSING
“Bekeer julle, want die koninkryk van die hemel het naby gekom.” (Matt. 4:17)
Jesus se boodskap hier op aarde gedurende daardie 3 jaar van Sy openbare bediening (27 tot 30 nC) het alles gefokus op die Koninkryk van God.
Hoe lyk dit prakties as iets van die Koninkryk hier tussen ons op aarde gebeur?
Jesus antwoord dit self daar in Lukas 4:16 tot 18:
“Die Gees van die Here is op My
omdat Hy My gesalf het
om die evangelie aan armes te verkondig.
Hy het My gestuur om vrylating vir gevangenes uit te roep en herstel van gesig vir blindes, om onderdruktes in vryheid uit te stuur,
om die genadejaar van die Here aan te kondig.”
Kan ek waag om dit in my eie taal te vertaal?
“Koninkryk van God” gebeur waar ons God sien werk deur Sy Gees. Mense hoor hoe God self aan hulle die Goeie Nuus van die Evangelie bedien. Die resultate is:
· Armes ontdek “lewe en dit in oorvloed”
· Gevangenes word vry
· Blindes kan skielik sien
· Onderdruktes en vertraptes beleef weer ’n nuwe vryheid
· Ja, God se genade verander mense se lewens soos die tipiese Joodse Jubilee-jaar vanouds dit laat gebeur het (Lev. 25)
2. VAN ONS GROOTSTE UITDAGINGS
Oor die land is daar honderde soos ek, wat deur God self gereed gemaak en toegerus is om waar Hy hulle geposisioneer het en reeds outoriteit en die vertroue van mense gegee het, te doen wat Jesus gedoen het.
Tog is daar praktiese uitdagings wat die werk belemmer en selfs kan verhoed:
· Die finansies en ander hulpmiddelle wat daagliks nodig is, want baie moes “uit haar uitgegaan het” om te doen wat Koning Jesus hulle beveel het om te doen.
· “Wiens brood men eet, diens woord men spreek”, is immers ’n werklikheid in die kerk met ’n klein letter.
Daarom het die Here oral in Sy Woord Sy mense opdrag gegee om te investeer in die koms van Sy Koninkryk deur hulle “tiendes” en “offergawes” na “die voorraadkamer” (Mal. 3:10) te bring sodat “daar iets te ete in my huis kan wees”.
“En toets My hierin, sê die Here die Almagtige.
Toets My of Ek nie die vensters van die hemel
vir julle sal oopmaak en vir julle reën sal uitgiet,
meer as wat julle kan gebruik nie.
Ek sal die sprinkane keer
dat hulle nie die oes op julle land vernietig nie,
en dat julle wingerde nie sonder vrugte is nie,
sê die Here die Almagtige.
Dan sal al die nasies julle as gelukkige mense beskou;
julle sal in 'n begeerlike land woon,
sê die Here die Almagtige.”
Wat ’n aangrypende prentjie is dit nie van wat gebeur as ons in die Koninkryk van God begin investeer nie!
Daar in Matteus 6:19-21, teken Jesus dit as om in ’n Rekening of Belegging in die Hemel te investeer:
“Moenie vir julle skatte op aarde bymekaarmaak waar mot en roes dit verniel en waar diewe inbreek en dit steel nie.
Maak vir julle skatte in die hemel bymekaar, waar mot en roes dit nie verniel nie en waar diewe nie inbreek en dit steel nie. Waar jou skat is, daar sal jou hart ook wees.”
3. RESULTATE – BEWYSE DAT DIT GOD SE WERK IS
Vir meer as 33 jaar, sedert my bedanking in 1993 as leraar in die NG Kerk, het ek en my vrou, Hetta, die voorreg om waar die Here self vir ons die brue gebou het na mense se harte en lewens, gedoen in geloof wat die Here ons opdrag gegee het om te doen, sonder om ooit ’n salaris van die een of ander aard daarvoor te vra.
Tot ervaar ons ’n nuwe seisoen het aangebreek.
Die Here het ons uitgedaag om ander uit te nooi om saam met ons te investeer daar waar Hy self die deure oopmaak.
Kom ek wys vir julle die beleggingsgeleenthede hier waar ons besig is, sodat jy ’n ingeligte besluit kan maak of Koning Jesus jou uitnooi om hier te investeer in Koninkryk wat hier gebeur.
(As jy beleef dat die Here wil dat jy hier moet investeer, vra asb vir ons persoonlike bankbesonderhede via WHATSAPP (082 770 2397) of via epos:
“NUWE WYN” - in Afrikaans
As oud-leraar in die NG Kerk vir 14 en ’n halwe jaar (1979 tot 1993), het die Here self my toegerus om in gewone Afrikaans derduisende gelowige Afrikaanssprekendes te bedien wat die afgelope paar jare egter erg getraumatiseer is deur dwalinge en onskriftuurlike besluite wat daar van die kansel af verkondig word waar hulle vir baie jare ‘n geestelike tuiste en hawe as gelowiges gehad het.
Soos die Here in my eie lewe, deur die werking van Sy Gees, “nuwe wyn” (soos in Lukas 5:37-39) aan my bedien het, en ou bekende Bybelse waarhede skielik vars en nuut in my eie lewe geword het, so gebruik die Here my nou om dit in Afrikaans ook aan hierdie gelowiges te bedien.
Dit doen ek in persoon in gemeentes en groepes gelowiges oral in Suid-Afrika en oorsee, maar ook digitaal.
Sedert die jaar 2000 het ek die voorreg om dit ook via die internet, via epos, en via sosiale media weekliks te doen.
As deel hiervan, fasiliteer en bedien ek ook Afrikaanssprekende gelowiges oral waar deure oopgaan in gemeentes wat die afgelope tyd op verskeie maniere kerkregtelik “uitgestap het” of aan die “uit stap is”, soos in die KOINONIA SINODE tans die geval is.
Hierdie bediening se digitale teenwoordigheid: www.nuwewyn.co.za
Op sosiale media: FACEBOOK, TELEGRAM, SIGNAL, LINKEDIN, WHATSAPP
Dan het ek ook verskeie publikasies en DVD-kursusse die lig laat sien, asook e-boeke en -publikasies. (Sien: https://nuwewyn.co.za/index.php/winkel )
NEW WINE
Die afgelope sowat 3 jaar, bedien ek ook in Engels alles wat ek publiseer.
Vanuit die Engelssprekende wêreld het daar wêreldwyd ʼn oproep gekom om dit wat ek in Afrikaans bedien, ook in Engels te bedien.
Die bediening se digitale teenwoordigheid in Engels: www.new-wine.co.za
Ek het ook ʼn webblad met meegaande toep ontwerp waarmee gelowiges op ʼn baie eenvoudige manier die Evangelie aan iemand kan verkondig en nuwe bekeerlinge mee kan dissipel:
www.journey-of-discovery.co.za
ʼn NUWE “GEMEENTE” VAN ʼn HALF-MILJOEN MILITÊRE VETERANE
As oud-kapelaan is ek aan die begin van 2025 aangestel as Kapelaan en Hoof van Hulpdienste van alle militêre veterane in die hele Wes-Kaap.
Om hierdie gespesialiseerde bediening meer effektief te doen, het ons ʼn webblad ontwikkel asook ʼn nie-winsgewende maatskappy gevestig.
Hier is die besonderhede daarvan: www.thriving-veterans.org
En die nie-winsgewende maatskappy is soos volg geregistreer: HELDERBOSCH VETERANS’ ORGANISATION NPC 2025/879689/08
(As iemand in hierdie deel van die bediening wil investeer, vra asb., vir ons CAPITEC BUSINESS BANK se besonderhede).
MY MLNP-Praktyk
Die Here het my soveel seer en trauma in die mense om my se lewens gewys, en my op ’n bsondere manier toegerus en gesalf om hulle in Sy Naam te bedien en te genees.
Daarvoor gebruik ek my gespesialiseerde pastorale en terapeutiese bediening as Multivlak Neuro Praktisyn, en help ek gelowiges veral in die sakewêreld, met lewensbegeleiding en as mentor.
Sien hiervoor my webblad, www.drchristoanel.co.za
(Vir hierdie deel van my werk, vra ek “soms” fooie of donasies afhangende van die kliënte se eie finansiële posisie.)
OPROEP TOT AKSIE
Kan ek vra: Wat sê ons Here en Koning vir jou in die verband?
Waar moet jy investeer in Sy handewerk waarvan ek jou hierbo vertel het?
Moet jy dit maandeliks of kwartaalliks of eenmalig doen?
Hier is my kontakbesonderhede wanneer jy met my in die verband in kontak moet kom:
Baie dankie vir jou aandag.
Mag die Here jou en jou geliefdes oorvloediglik seën en bedien met Sy genade.
Dr Christo A Nel
B.A. B.Th. M.Div. D.Phil. D. Juris.Theol.
082 770 2397
8 Willow Rd, Westridge, Somerset-Wes 7129