
Luk 5:37,38: Ook gooi niemand nuwe wyn in ou wynsakke nie; maar as hy dit doen, dan sal die nuwe wyn die wynsakke laat bars, en dit sal uitloop en die wynsakke sal bederf wees. Maar nuwe wyn moet in nuwe wynsakke gegooi word.

Opdrag?
- Bedien Nuwe Wyn aan mense - Ou Bybelse waarhede onder die leiding van die Heilige Gees
- Maak ʼn pad waar daar geen pad is nie – deur die bos. Teer dit dan, want derduisende is op pad.
- Bou reddingsbote om God se mense op die dek van die skepe wat sink, te red.
- Neem hulle dan na die teerpad toe en sê: Hier is die pad, sê die Here!
- Bedien genesing na gees, siel en liggaam aan hulle in Jesus se Naam.
Wie is ons?
Dr Christo en Hetta Nel
1979-1993 – Predikant NG Kerk
Sedert 1993 – Voltyds in Koning Jesus se diens in Sy Ekklesia wêreldwyd
1000de medewerkers!
So lyk Sy Kerk/Ekklesia
- Hulle is familie wat God en mekaar lief hê
- Ambassadeurs van die Koninkryk van die Hemel hier op aarde
'n Nuwe geboorte is nodig om deel hiervan te word
= Deur ʼn ware Bybelse sondebesef
= Deur bekering en ʼn geloofskeuse vir Jesus Christus as Verlosser en Koning
= Deur die doop met water daarna
= Deur handoplegging en gebed vir die doping met die Gees

Die Ekklesia is een
Luk. 5:38,39: Niemand gooi nuwe wyn in ou velsakke nie. As hy dit sou doen, sal die nuwe wyn die velsakke laat oopbars. Dan is die wyn vermors en die sakke daarmee heen. Nee, nuwe wyn moet in nuwe velsakke gegooi word.
Joh. 17:21: Ek bid dat hulle almal een mag wees, net soos U, Vader, in My is en Ek in U, dat hulle ook in Ons mag wees, sodat die wêreld kan glo dat U My gestuur het.
Lees meer hieroor ...
Nuwe Wyn Nuusbrief

“Ewige lewe” beteken nie net om hemel toe te gaan nie! (Deel 5)
Onthou jy daardie woorde van Jesus daar in Johannes 14?
Kom ek herinner jou aan wat daar staan en die presiese konteks waarin Jesus daaroor gepraat het.
Volgens...

“Ewige lewe” beteken nie net om “hemel toe te gaan” nie (Deel 4)
Het jy al ooit probeer om t...

“Ewige lewe” beteken nie net om hemel toe te gaan nie! (Deel 3)
Die heerlike klanke v...
My Blog
Hoe gebruik die Here dr Christo en Hetta Nel oor die wêreld in hulle geloofsbediening
Jesus het vir Sy dissipels in Matteus 10:8 die volgende gesê: “Maak siekes gesond, wek dooies op, reinig melaatses en dryf bose geeste uit. Julle het dit verniet ontvang, gee dit ook verniet.”
Dr. Christo en Hetta Nel, het in 1993, na ʼn 14-jaar bediening in die NG Kerk, bedank om voltyds beskikbaar te kan wees waar die Here hulle wêreldwyd wou gebruik in Sy Ekklesia.
Sedert Oktober 1993, in opdrag van die Here, bedien hulle voltyds in geloof, met die Here as hulle Totale Voorsiener wat ...

Hoe 'n A4 die nasies van Jesus kan vertel
Ek voel altyd dat as 'n kind kan verstaan wat jy sê, jy op die regte pad is. 💕🕺💃🎶
Hier is 2 videos waarin ek 'n A4-bladsy gebruik het om dit te doen.
- In hierdie video wys ek vir jou hoem om die A4-bladsy te vou en te skeur
https://youtu.be/HdkMuyRQ5pM?feature=shared
- En hier is 'n video hoe ek dan met hierdie A4 die kernboodskap van die Bybel oor Jesus as die beloofde Messias, Verlosser-Koning, en aas Doper met die G...