Hoe gebruik die Here dr Christo en Hetta Nel oor die wêreld in hulle geloofsbediening

Inleidend

Jesus het vir Sy dissipels in Matteus 10:8 die volgende gesê: “Maak siekes gesond, wek dooies op, reinig melaatses en dryf bose geeste uit.  Julle het dit verniet ontvang, gee dit ook verniet.”

Dr. Christo en Hetta Nel, het in 1993, na ʼn 14-jaar bediening in die NG Kerk, bedank om voltyds beskikbaar te kan wees waar die Here hulle wêreldwyd wou gebruik in Sy Ekklesia.

Sedert Oktober 1993, in opdrag van die Here, bedien hulle voltyds in geloof, met die Here as hulle Totale Voorsiener wat deur Sy mense alles wat hulle nodig het te voorsien.

Daarom dan ook hierdie inligtingstuk om jou in te lig presies wat Christo en Hetta se bediening alles behels, sodat jy ʼn verantwoordelike keuse kan maak of jy in hulle bediening vir die Here en die Koninkryk se koms wil gee.

Hoekom ontvang Christo nie ʼn vaste salaris nie?

Die Here het sedert Oktober 1993 dit so verduidelik:

Hoe sê die spreekwoord: “Wiens brood men eet, diens woord men spreekt!”

Met ander woorde, mense en organisasies dink dat as hulle jou ʼn vaste salaris betaal, dan moet jy sê wat hulle wil hê jy moet sê.

“In diens van Koning Jesus”, het Christo en Hetta verstaan, beteken dat jy net sê wat die KONING sê jy moet sê.  Daarom staan daar op Dr Christo se besigheidskaartjie uitdruklik: In diens van Jesus in Sy Ekklesia!

Hierdie bediening is “goeie grond”

Om jou te help besluit of hierdie bediening werklik “GOEIE GROND” is wat ʼn oorvloedige oes kan oplewer as jy daarin sou saai en gee, lees gerus verder!  Gaan sit dan self aan die voete van Jesus en hoor by Hom of en wat jy hier moet saai.

Christo en Hetta dien Koning Jesus sedert 1979 voltyds in die Liggaam van Jesus wêreldwyd. (Sien sy profiel op LinkedIn, https://www.linkedin.com/in/christo-nel-0b511333 )

Hulle woon in Somerset-Wes in die Wes-Kaap, Suid-Afrika.

Van 1979 tot 1983 was Christo Kapelaan in die Suid-Afrikaanse Lugmag, en het hy God se mense in uniform en op die Grens bedien.

Daarom kan dr Christo in hierdie nuwe seisoen ook as Kapelaan en Hoof van Hulpdienste alle militêre veterane bedien. (Sien hieronder verder hieroor.)

 Christo was ook leraar in die NG Kerk in hierdie tyd, en het na sy tyd as kapelaan, van 1983 tot 1993, die NG gemeente Potchefstroom-Mooirivier bedien.

Die Here oortuig egter Christo en sy hele gesin daarvan dat hulle nie langer dit wat die NG Kerk leer as die waarheid, kan bedien aan mense nie.  Voortaan sou hulle deur die Here gebruik word om “nuwe wyn” (soos in Lukas 5:37 en 38), binne Jesus se Ekklesia, aan Sy mense bedien.

Omdat Christo die teologie en die hartstaal van Afrikaanssprekende mense verstaan, veral diegene wat uit 'n tipies gereformeerde agtergrond kom, kan die Here hulle gebruik om dit wat die Here deur Sy Gees deur Sy Woord aan ons leer, in ʼn taal en op so ʼn manier bedien wat veral Afrikaanssprekendes maklik verstaan.

ʼn Sprekende voorbeeld hiervan was die nuwe Afrikaanse gemeente wat in Potchefstroom in Oktober 1993 ontstaan het as gevolg van hulle werk daar, en wat vandag een van die grootste gemeentes daar in Potchefstroom is.  Vandag staan die gemeente bekend as Duet gemeente.

Dr Christo se eerste boek het juis oor die gebeure en sy lering in hierdie gemeente, in 1996 verskyn, getiteld, WAARHEEN MET DIE NUWE WYN.  Sedertdien is hierdie boek al drie keer nuut gepubliseer en het die lering daarin duisende mense se lewens radikaal verander.

Dit is gevolg deur verskeie ander boeke en publikasies waarvan jy op die webblad by www.nuwewyn.co.za meer kan lees.

Sedert die jaar 2000 het dr Christo begin om al die jongmense wat so oorsee gaan woon en werk, via die internet begin bedien.  Hierdie bediening is vanjaar reeds 26 jaar aan die gang en bedien duisende weekliks via epos en op al die sosiale media platforms met die waarheid van God se Woord.

Lees meer hieroor op hulle bedieningswebblad, www.nuwewyn.co.za, asook op die Engelse weergawe daarvan by www.new-wine.co.za

Christo is oortuig dat virtuele platforms en die internet die wyse is waarop bediening en alle vorms van opleiding (van selfs voorskools tot op doktorale vlak) effektief en bekostigbaar kan plaasvind.  Daarom is hy al vir jare besig om saam met ander Christenleiers, leiers in bediening oral in Afrika, Indië en ander dele van die wêreld so gratis op Oop Digitale Platforms te bedien.  Hy het selfs ʼn Oop Internet Biblioteek geskep waar hierdie leiers opleidingsmateriaal gratis kan bekom en aflaai.

Christo en Hetta is ook volledig opgeleide leiers in Harvesters’ Ministries wêreldwyd, wat een van die grootste opleidingsbedieninge in die wêreld is. (Sien https://harvestersministries.com/ )

Dan is Christo ook een van die kataliste in die wêreld van die Dissipelmaking-beweging wat God se mense toerus om “dissipels van alle nasies” te wees.  Hy het selfs ʼn internet-gebaseerde Toep met ʼn meegaande webblad gebou om God se mense te help om ander mense effektief te dissipel. Kyk by www.journey-of-discovery.co.za  met die meegaande Toep wat afgelaai kan word by: https://journey.beezer.com/

Sedert 2019 is hulle betrokke by wat deesdae bekend staan as die KOINONIA SINODE

Na ʼn bediening van 14 jaar in die N G Kerk, help dr Christo sedert 2019, duisende lidmate en leraars van die NG Kerk wat uiters verward en onseker voel oor al die dwaallering en besluite van die Algemene Sinode van die NG Kerk en tans soek na ʼn alternatiewe pad. ʼn 100-plus gemeentes van die NG Kerk het reeds besluit om hierdie nuwe pad te begin stap. (Hierdie gemeentes staan bekend as die Koinonia Sinode), en is besig met ʼn kerkregtelike proses om hulle los te maak van die AS en om selfs, as dit nie anders kan nie, uit te stap uit die NG Kerk.

Ander bedieninge

Die Metropool van Kaapstad is tans die tweede mees-gewelddadige deel in die wêreld. Van Januarie tot Junie 2019 het 1867 mense gewelddadig gesterf in Sirië wat ʼn oorloggeteisterde land is, terwyl in dieselfde tyd meer as 2000 mense in die Kaapse Metropool gewelddadig gesterf het.

Dit is waarom Dr Christo, as ʼn spesialis-opgeleide Neuro Multivlak Praktisyn en Trauma Berader, geweldig in aanvraag is om genesing en restourasie te bedien in soveel honderde mense in van hierdie en ander areas in ons land en selfs oor die wêreld.

Dr Christo is ook ʼn internasionaal geregistreerde Pastorale Berader, Besigheids-mentor en Lewensbegeleier. (Sien sy webblad hieroor: https://drchristoanel.co.za/ )

So bedien dr Christo en Hetta weekliks in die hart van die markplein sakemanne en -vroue, jongmense en bejaardes, in besighede, boerderye, en waar hulle hul ook al mag bevind.  Hy  is verder ook ʼn geestelike konsultant vir groot maatskappye waar hy die personeel bedien en profeties kan inspreek in die besigheid en direksies.

Christo is ook een van ʼn groep van 300 geselekteerde Nasionale leiers wat landswyd hulle ge-commit het om in diens van die Koninkryk, Suid-Afrika terug te vat uit die hande van die vyand en om God se mense vry te maak.

Hy is ook mentor en begeleier in verskeie bedieninge en bedieningsnetwerke in Suid-Afrika, en selfs internasionaal.  So is hy ook vanjaar, 2026, gevra om een van die senior leiers in Suid-Afrika te wees van die internasionale HarvestNet International.

Tans is die leiers van die netwerk met Christo aan die onderhandel om hom geleentheid te gee om tydens 3 sessies honderde van die leiers in die netwerk in Amerika, by die Amerikaanse Hoofkantoor in Ephrata, Pennsylvania, te bedien oor “Who shepherds the Shepherd?”

ʼn “Nuwe gemeente” van ± 500 000!

In Januarie 2025 is dr Christo aangestel as Kapelaan en Hoof van Hulpdienste vir meer as ʼn halfmiljoen Militêre Veterane aangestel!

Al hierdie werk is egter totaal vrywillige werk!  En omdat daar soveel geestelike, emosionele en veral finansiële nood onder hierdie veterane heers, het Dr Christo,  met ander se hulp, ʼn Nie-winsgewende Maatskappy gestig wat kan help om die reuse nood te bedien. (Die naam van die nie-winsgewende maatskappy is die HELDERBOSCH VETERANS ORGANISATION NPC, met as registrasie nommer: 2025/879689/08.)

 

Hier is hulle bankbesonderhede as jy wil saai in hulle bediening

Soos reeds gesê, is die Here Christo en Hetta en hulle gesin, se Versorger, maar daarvoor gebruik Hy Sy mense.

Daarom hierdie inligtingstuk.

So vertrou dr Christo en Hetta tans die Here vir die volgende:

·       Vir genoeg ondersteuners wat die bediening op ʼn maandelikse basis of sporadies of eenmalig finansieel sal ondersteun. Daar is reeds gelowiges wat ge-commit het om in meer as 75% van wat maandeliks nodig is, te gee. En daarvoor loof ons die Here vir Sy getrouheid.

Mag hierdie inligting jou geleentheid bied om ʼn goed ingeligte besluit te neem of jy hierdie bediening in diens van die Koninkryk finansieel wil ondersteun deur ʼn eenmalige bedrag of op ʼn maandelikse basis.

Hier is die bankbesonderhede:

C A Nel, by ABSA (SWIFT: ABSA ZAJJ).  Takkode: 632005.  Rekeningnommer: 4040149654

C A Nel, by CAPITEC (SWIFT: CABLZAJJ).  Takkode: 470010.  Rekeningnommer: 1345180967.

Baie dankie by voorbaat!

Jou skenking in die Koninkryk kan ook vir jou ʼn belasting-voordeel wees!

Het jy geweet dat jy as individu deur die Suid-Afrikaanse belastingwetgewing toegelaat word om tot ʼn R150 000 per belastingjaar te skenk vir ʼn bediening soos dié van Dr Christo en Hetta Nel?

“A taxpayer can donate up to R150 000 per tax year and not have to pay any Donations Tax. Any amount over that will incur a donations tax of 20% which he will have to pay over to SARS.”

Met ander woorde, jy as die skenker, kan dan op jou belastingopgawe daardie skenking onder “Amounts not considered taxable” gaan verklaar en sal dus nie daarop aangeslaan word nie.

So kan jy dus saai in die Koninkryk en self daarby baat!

Net so sal ek, Christo Alfred Nel, dan as die ontvanger van jou skenking (wat eenmalig kan wees of wat maandeliks kan wees), dit ook op my belastingopgawe gaan verklaar as ʼn skenking.

“The recipient should declare on his/her ITR12 that they received a donation under the "Amounts not considered taxable" section.”

(Vir verdere inligting in die verband, gaan ondersoek dit self by die volgende skakel:

https://www.taxtim.com/za/blog/faqs-donations-and-tax

As jy ʼn skenking maak aan dr Christo en die bediening, kan jy sy ID-nommer gebruik om dit te verklaar. Hier is sy ID-nommer: 5401105082080.

Wil jy graag self met hulle persoonlik kontak maak?

As jy met Christo en Hetta persoonlik wil kontak, of verdere inligting benodig, neem vrymoedigheid om hulle op die volgende maniere te kontak:

Adres: 8 Willow Rd, Westridge, Somerset-Wes, 7129.

E-posadres: This email address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it. of This email address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it.  of This email address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it.

Christo se selnommer is 082 770 2397 en Hetta se selnommer is 072 828 4900.

Hulle is ook op FACEBOOK, WHATSAPP, TELEGRAM, SIGNAL, SKYPE, FACETIME en ZOOM beskikbaar.

Dankie vir jou aandag en tyd om hierdie inligting te lees.

Mag jy die Here se vrede en seën beleef!