ʼn Nuwe mens-spesie hier tussen ons op aarde

Ja, dit is wat die Ekklesia in werklikheid is: ʼn Nuwe oor-geskape, nuut-oor-gebore, weer-gebore, nuwe mens-spesie hier op aarde!

2 Kor. 5:17

2 Kor. 5:17 sê dat dit deel is van ʼn “nuwe skepping” waarmee God besig is.
Letterlik word ʼn stukkie van die nuwe hemel en die nuwe aarde hier voor ons oë ʼn werklikheid!

Jesus, die Eersteling

Jesus Christus, God self, het daarvoor ʼn mens geword en tussen ons as mense hier op aarde kom woon.

Hiervoor is Hy deur die Vader as die Eerste Saad van die Nuwe Skepping, juis hier gesaai.

Daarvoor moes juis Hy, wat onlosmaaklik deel was van die eerste Skepping, (kyk maar Heb. 1:10 e.v.), waarvan Genesis ons vertel, Sy Lewe en Sy Gees gee, om verneder te word, te ly en te sterf, soos met saad gebeur, sodat Hy die Eersteling, die Eersgeborene, kon wees in hierdie “nuwe skepping” wat begin plaasvind het.

Wanneer die sterwende mens-spesie hier op aarde hierdie goeie nuus, hierdie Evangelie, hoor en hulle leë hande van geloof uitsteek na God toe, terwyl hulle met hulle mond hulle eie doodsheid bely en pleit om nuut en oor gemaak te word, in Jesus, gebeur hierdie “nuwe skepping” ook in hulle, vertel Jesus daar in Johannes 3.

So word hulle dan ook deel van God se nuwe volk, Sy nuwe kolonie van hierdie nuwe mens-spesie hier op aarde. Ja, so word hulle deel van Sy Ekklesia.

Mat. 16:18

In Matteus 16:18, beskryf Jesus hulle as: “The church will reign triumphant even at the gates of hell.”

Hier op aarde, letterlik in die voorportaal en op die voorstoep van waar die hel en sy magte tot nou toe regeer het, sal hulle nou “regeer”, soos wat die mens se opdrag van die begin af was.

Met ander woorde, dit is ʼn “regeer” wat niks met politieke mag en oorheersing van ander te make het nie, maar wat alles te make het met ʼn bestuur (in die Engels, “manage”) volgens God se bedoelde beginsels en waardes, van hierdie skepping en alles wat God tot ons voordeel, genot en lewe rondom ons neergesit en geskape het.

Heb. 2:10-18 (The Voice - vertaling)

Luister ʼn bietjie hoe beskryf God se Gees daar in Hebreërs 2:10 en verder dit (en ek haal dit uit THE VOICE-vertaling aan):

Die opskrif in hierdie vertaling van hierdie verse is:

“Here is God’s Son: Creator, Sustainer, Great High Priest. Jesus has to take on our feeble flesh and suffer a violent death. He suffers for what we need.”

Dan word verse 10 tot 18 soos volg vertaal:

“It only makes sense that God, by whom and for whom everything exists, would choose to bring many of us to His side by using suffering to perfect Jesus, the founder of our faith, the pioneer of our salvation. As I will show you, it’s important that the One who brings us to God and those who are brought to God become one, since we are all from one Father. This is why Jesus was not ashamed to call us His family, saying, in the words of the psalmist,

I will speak Your Name to My brothers and sisters when I praise You in the midst of the community.

And in the words of Isaiah,

I will wait for the Eternal One.

And again,

Look, here I am with the children God has given Me.

Since we, the children, are all creatures of flesh and blood, Jesus took on flesh and blood, so that by dying He could destroy the one who held power over death—the devil— and destroy the fear of death that has always held people captive.

So notice—His concern here is not for the welfare of the heavenly messengers, but for the children of Abraham. He had to become as human as His sisters and brothers so that when the time came, He could become a merciful and faithful high priest of God, called to reconcile a sinful people. Since He has also been tested by suffering, He can help us when we are tested.”