bannernw_0102bannernw_0202bannernw_0302bannernw_0402bannernw_0502bannernw_0602

En niemand gooi nuwe wyn in ou velsakke nie. As hy dit sou doen, sal die nuwe wyn die velsakke laat oopbars. Dan is die wyn vermors en die sakke daarmee heen. Nee, nuwe wyn moet in nuwe velsakke gegooi word."
Luk 5:37 en 38

christo02

“In diens van Jesus in Sy Ekklesia”.

Dit is die woorde op Christo se besigheidskaartjie.  En dit glo hy en Hetta, sy vrou, is hulle opdrag vir hierdie seisoen van hulle bediening. 

Dit is die opdrag wat hulle glo Jesus Christus aan hulle in 2004 gegee het:  Om beskikbaar te wees om apostolies-profeties tussen Sy mense in verskillende dorpe en stede te kan rondbeweeg om Sy Ekklesia te bedien met die Woord wat Hy vir hulle sal gee.

2004 was ook die jaar waarin Christo 50 jaar oud geword het, en wat hy reeds 26 jaar besig was om Jesus se Ekklesia voltyds toe te rus (Ef 4:11-16).  Christo vertel hoe hy daardie jaar die Here gevra het waarop hulle moet konsentreer in hulle bediening en die antwoord was:  massamedia!  Om via die massamedia - soos die internet, DVD, die geskrewe media, soos deur boeke, tydskrifte en koerante - toerustingsmateriaal vir die Liggaam in gebruikersvriendelike “pakkette” kreatief te vervaardig om vir die Liggaam beskikbaar te stel.

En dit is wat hulle gekies het om te doen.

Daarom het hulle na 8 jaar se verblyf in Hermanus, Somerset-Wes toe getrek waar die Here vir hulle ‘n huis gegee het om te woon. 

En van daar af bedien hulle tans God se mense in meer as 31 dorpe net in die Wes- en Suid-Kaap alleen, behalwe hulle bediening landswyd in Suid-Afrika, en wêreldwyd via internet sedert 2000.

Christo is tans ook professor in ‘n virtuele universiteit, NWMD International University, waar leiers, veral in Afrika, teen minimale kostes geleentheid kry om hulleself te bekwaam om die beste in hulle onderskeie velde te wees.  Hy fokus veral op die teologiese opleiding en teologiese studente van hierdie universiteit. 

Gaan kyk gerus na die webblad van hierdie universiteit by www.internationaluniversity.co.za en na sy webblad as deel van hierdie groep by http://proflouisdebruin.ning.com/profile/ProfChristoANel

NWMD-logog
NWMD-skakel na my blad

Hy is verder ook die Vise-Kansellier van die Teologiese Seminarium, Wes-Kaap wat in die Paarl tans hulle basis het.

Vir 14 jaar was Christo gewoon predikant in die Ned Geref Kerk in Suid-Afrika waar hy die voorreg gehad het om God se mense in 2 gemeentes, in Dunnottar en Potchefstroom-Mooirivier, te bedien. 

Daarna het die Here hom wyer as net die Ned Geref Kerk begin gebruik.  Veral onder mense wie se prentjie van wat dit beteken om kerk en volgeling van Jesus te wees soveel verander het dat hulle nie meer gemaklik ingepas het in ‘n tradisionele gemeente nie. 

Wêreldwyd is ‘n geweldige verandering in die harte en denke van baie van God se mense aan die gang.  Noem dit ‘n paradigma-verandering as jy wil.  George Barna, van die Barna-Navorsingsinstituut, beskryf dit letterlik as ‘n rewolusie! 

Luk 5:37 en 38 praat hieroor.  "En niemand gooi nuwe wyn in ou velsakke nie. As hy dit sou doen, sal die nuwe wyn die velsakke laat oopbars. Dan is die wyn vermors en die sakke daarmee heen. Nee, nuwe wyn moet in nuwe velsakke gegooi word.” (1983-Vertaling)

Hierdie “nuwe wyn”-waarhede is bedoel om die mense van God in al die dimensies van hulle menswees te verander, heel te maak en te verlos.

Soos wat mense gaandeweg verander, ontdek dat hulle nie meer gemaklik inpas in al die ou “wynsakke” (al die ou strukture, organisasies, idees of paradigmas) van vroeër nie.

Hierdie bediening van Christo-hulle is in werklikheid waar God self ou Bybelse waarhede nuut en vars deur die werking van Sy Gees formuleer en bedien in ‘n taal wat mense nou verstaan.

So gebruik die Here Christo, met sy kennis van die teologie en kultuur van die tipies tradisionele Afrikaanse gelowige, om vernuwing te bedien aan hulle in ‘n taal wat hulle verstaan.

Omdat dit ook in Christo en Hetta se eie lewens self plaasgevind het, gebruik die Here hulle tans om Sy mense in alle dele van die Liggaam, sy dit Ned Gereformeerd, Vernuwend, Charismaties of onder gelowiges wat glad nie meer deel wil wees van die tipiese kerkstrukture nie, te bedien. 

Vir die res van hulle geloofstorie, kliek gerus op die die skakel Oor Ons

Christo is dus nie ‘n dominee van ‘n spesifieke gemeente nie.  Dit was hy vir meer as 22 jaar van sy voltydse bediening.  Tans is hy meer ‘n soort apostolies- profetiese “sendeling” wat tussen die verskillende soorte gemeentes en geloofgemeenskappe in die Liggaam rondbeweeg en net beskikbaar probeer wees waar Jesus Christus, die Here en Hoof van Sy Liggaam op aarde, hom en Hetta wil gebruik..

Daarom word hulle al vir jare deur niemand ‘n vaste salaris betaal nie.  En self vra hulle nie ‘n sent vir enigiemand waar hulle ookal gevra word om te bedien nie.  Christo en Hetta vertrou die Here al vir jare om self hulle te versorg deur Sy mense soos en hoe Hy dit wil doen. 

Christo sê altyd:  As God die opdrag gee, en ons doen wat Hy sê, betaal Hy die rekeninge!  Maar as ons self die opdrag gee, betaal ons die rekeninge!

Behalwe hulle bediening in die Helderberg onder sowat 226 verskillende kerke en gemeentes waar hulle woon, en in ander dorpe en stede, gebruik die Here Christo ook om via die internet derduisende mense wêreldwyd te bedien. 

Sedert 2000 bedien hy gelowiges weekliks met ‘n nuusbriefie met Woord wat hy “Nog ‘n slukkie Nuwe Wyn” noem.  Hierdie nuusbriefies word tans ook gepubliseer op 2 ander internasionale webblaaie, naamlik onder Artikels by www.woes.co.za en ook by www.onsdorp.com/nuwewyn onder “Nog ‘n slukkie nuwe wyn”.

Woes.co.za

 

Onsdorp-Kerkplein

 

As jy graag hierdie week se nuusbriefie “Nog ‘n slukkie nuwe wyn” wil lees, kliek gerus die skakel Nuusbrief

Christo is ook op Facebook.  As jy ook daar is, teken aan en word my vriend om toegang te kry tot alles wat myne is daar op facebook.  Hier is die skakel na my blad daar:  http://www.facebook.com/home.php#/christo.a.nel?ref=name

Facebook

Christo het ook al 2 boeke gepubliseer, naamlik WAARHEEN MET DIE NUWE WYN, en die boek ‘N DUNAMIS ERVARING, wat vir derduisende mense tot groot seën was. 

Hy het ook in 2005 ‘n 8-sessie-DVD-reeks oor die Heilige Gees, Sy werk en Sy gawes vrygestel met die titel JESUS, DIE SALWER MET DIE GEES.

In 2009 kon hy verder deur God se genade ‘n DVD-reeks met 9 sessies publiseer met die titel HOE HOOR EK DIE HERE SE STEM.

Al hierdie boeke en hierdie DVD-reekse kan van Christo self bestel word as jy dit nie elders kan vind nie.

Vir verdere inligting hieroor, kliek gerus die skakel Nuutste Wyn