Die waarheid sal julle vrymaak (e-boek)

R20.00
SKU: Die_waarheid_sal_julle_vrymaak__e-boek_

Christo Nel het  ʼn Afrikaanse boer, Roelie Feenstra, gehelp om die volle waarheid oor die doop in hierdie boekie in gewone Afrikaans vas te vang sodat Jan Alleman dit kan verstaan.

Soos een van die lesers dit agterna opsom: Ek het die boekie oor DIE WAARHEID SAL JULLE VRYMAAK deur Roelie Feenstra gelees en was verstom om ingelig te word oor hoe die werklike waarheid van my en ander lidmate van die NG, HERVORMDE EN GEREFORMEERDE KERKE weerhou is gedurende al die jare. Nog geen predikant of enige ander persoon in kerk kringe het hierdie inligting voorheen aan my bekend gemaak nie.

Dit was veral die gedeelte oor die geskiedenis van die twee dope (vanaf 300 tot 1800 n.C.) wat my laat nadink het oor die ontstaan van die baba-doop-praktyk. Dinge soos die volgende het my aangegryp:

Daar is aanduidings dat die besprinkeling of doop van babas eers teen die einde van die eerste eeu in totaal geïsoleerde gevalle bedien is.

Eers in die vierde eeu was dit as normale praktyk in die Roomse kerke bedien.

In Keiser Konstantyn se tyd was kerk en staat so nou aan mekaar verbind dat ’n mens die kerk “staatskerk” kon noem. Hy het ook ’n reëling uitgevaardig wat die doop van babas van gelowige ouers verpligtend gemaak het.

Alle babas van gelowige ouers moes a.g.v. die wetgewing deur `n ritueel van besprinkeling met water gaan wat die doop genoem is.

Hierdie tydperk was `n baie moeilike tyd vir die Christene wat in die DOOP VAN DIE GELOWIGES geglo het, want hulle is geweldig vervolg a.g.v. hulle siening. Vandag staan hierdie tydperk ook as “die donker eeue” bekend.

Miljoene gelowiges wat hulle as gelowiges laat doop het, is vervolg en op die wreedste denkbare metodes vermoor omdat hulle nie wou gehoor gee aan die wetgewing om babas te doop nie.

Na die Reformasie in 1517 het die vervolging van gelowiges wat hulle laat doop het as gelowiges bloot voortgegaan. Die tragedie was dat hulle nie net nou deur die Roomse Katolieke Kerk vervolg is nie maar ook deur die Protestante.

Martin Luther wat die Protestante laat wegbreek het van die Katolieke Kerk was ook `n voorstander van die baba-doop en het ook mense wat in die gelowige doop geglo het vervolg. Die vervolging het duidelik bly voortleef na die reformasie.

Dit is tragies om te dink dat gelowiges dit aan mekaar kon doen oor die kwessie van die doop. Jesus sou nooit sy volgelinge onderdruk het of doodgemaak het as hulle met mekaar verskil het nie.

Vir die eerste 130 jaar in Suid Afrika se bestaan was die Bybelse gelowige doop nie in S A toegepas nie aangesien die een kerkgroep, die NG Kerk, wat deur die staat toegelaat was, net geglo het in die doop van babas.

Baie leraars en lidmate in SA moes al die kansel en Gereformeerde kerke verlaat oor die laaste 100 jaar omdat hulle hulle as gelowiges laat doop het.

In die Nuwe Testament is daar baie voorbeelde van die doop van gelowiges. Daar is geen verwysing, voorbeeld of opdrag in die Bybel oor die besprinkeling van babas nie.