Jesus, die Doper met die Gees (DVD)

Jesus, die Doper met die Gees (DVD)

R150.00
SKU: Jesus__die_Doper_met_die_Gees

ʼn DVD-kursus van 4 DVD’s met 8 sessies op. Die 4 DVD’s is netjies verpak in een DVD-kassie.

Hier het ons ’n 8 sessie-DVD-seminaar oor die Heilige Gees, Sy werk en Sy gawes. In die taal en idioom van Afrikaanssprekende mense neem Christo, die oud-dominee uit die Ned Geref Kerk, en die skrywer van WAARHEEN MET DIE NUWE WYN, gelowiges na die sowat 319 verse in die Bybel waarin daar direk na die Heilige Gees verwys word. Elkeen van die 8 sessies is so ± 40 minute lank en ideaal om te gebruik in selbyeenkomste of Bybelstudie-geleenthede.

Die inhoud van die verskillende sessies is soos volg:

Sessie 1 – ’n Bybelse ervaring van God se krag

Sessie 2 – Die Heilige Gees in die Ou Testament

Sessie 3 – Die profete profeteer oor ’n nuwe era

Sessie 4 – Die profesieë word waar

Sessie 5 – Die Heilige Gees in die vroeg-Christelike gemeente

Sessie 6 – Die Heilige Gees wil elke gelowige “empower”

Sessie 7 – Die bediening met die volle spektrum gawes van die Gees

Sessie 8 – Die werk van die Gees van Christus in perspektief